Bokomo-brekfisbrief; 23/07/2010: Ag siestog!

  • 0

 … sien ek hom sit … opgekrul in ‘n bondeltjie. Sy haartjies is uitgepof rondom sy siek lyfie en hy staar met angsbevange ogies na my. Ek stap nader en sien dat sy oortjies se rante omgekrul is en lyk soos verskrompelde blare. Hy kannie vlug nie, al sê al sy instinkte dat hy moet wegkom. Sy eens trotse stertjie lê slap uitgestrek in die ysige wit gerypte gras. Sy pragtige ronde kraalogies is dof en sonder lewe. Skielik rittel die ou lyfie van ‘n onbeheersde spasma ... ’n gifdood is aaklig! Ek roep ons tuinier en vra hom om die genadedood toe te dien, want ek is glad nie opgewasse daarvoor nie.

Ja, dis net ‘n rot, maar ‘n rot is ‘n hiper intelligente diertjie. Die feit dat hy ‘n plaag is, is buitendien die mens se skuld. Natuurlike vyande soos uile, valke ,slange ens is mos ook deur ons sotlike optredes verminder. Nou is gif die laaste uitweg. Watter verskriklike dood is dit nie en die een wat dit toegedien het, sien niks, hoor niks, VOEL NIKS, want dis mos maar net ‘n verpestelike rot!

Groetnis,

Perdebytjie

(Ek kry hulle ook jammer! Webvoet)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top