Elke man of vrou het sy voorkeur. So hou sommige dames van borshare en ander, wel, nie. So hou sommige manne van groot en ander van minder groot. Sommige hou van meer as 'n handvol en ander hou van klein lemoentjies.
My voorkeur bly steeds 'n stywe denim (verkieslik agter op 'n 1000 cc) of een van daai lang "skirts" wat die mooi mense in die laat vyftigers gedra het (jy weet mos, met die kort sokkies) of 'n paar leer stewels. Waarmee dit gevul word maak mos later nie regtig saak nie, doen dit? Want ek is verslaaf aan die vrou. Punt. Die rokkie en stewels en daai denim is uiteindelik bysaak is dit nie?
Maar so beduie Nelson vir my van Thysie se vrou. Thysie se vrou kannie voor sit as hy ry nie. Sy pas eenvoudig net nie in nie. Of, soos Nelson beduie: "Omdat sy soveel eet het sy die sitplek in sy **** gesit". Ek persoonlik dink sy voel veiliger agter, maar dis ekke.
Sy sit nou agter in en nou lyk Thysie soos 'n taxidrywer. So vra ek vir Nelson bietjie uit en Nelson beduie vir my dat Thysie se vrou swaar is op Thysie se loon, want sy hou van eet. Hey? Hoe meen jy dan hou van eet? Ek hou ook van eet, Nelson. Ja, maar. En toe hy beduie van die bed toe snap ek: Want, so beduie Nelson my: Thysie se vrou is al deur drie kooie. Jip, tussen die twee van hulle het hulle al drie beddens gereduseer tot grondvlak. Tiep toe gery op die kar se dak, want die vullisverwyderaars weier om stukkende kooie weg te ry ...
Toe Nelson begin met die detail van die soenery en hoe mens beide dieselfde tyd doen toe kon ek nie anders as om te dink aan iets anders nie.
Tog, die twee is dolgelukkig. Thysie so dun soos 'n riet en sy geliefde wat gedurig spot: "As ek hom vang daar by *** (*** is 'n probleempie en ons wonder oor sy bles en of dit die kussing is, maar ons pratie uitie, nè?) sit ek net op hom en dan sal hy wens hy is nooit gebore nie." Dan beduie sy van Eno's en dis wanneer ek die gesprek verander. Want sy het 'n sag op die oog suster wat redelik vaardig is waar dit by soen kom ...
oester


