Bokomo-brekfisbrief; 25/07/2010: Danie Strauss. Unieke menslike denke. (Litnet Akademiesh.)

  • 0

Die stuk refleksie (Baie deeglik en kompleks soos net ‘n prof kan) oor die uniekheid van die menslike denke herinner effens aan ‘n afskoplesing aan eerstejaarstudente in die ‘Sielkunde’. (Wat ‘n naam!) Of dan soos myse oorle prof lief was om te sê; Nie “Sielkunde” nie menere!, “Psigologie” met ‘n eksplosief op die “Ps” (Net hy kon dit regkry.) Of soos Pienkie die Bose gesê het toe ek haar gevra het of sy filosofie swot: “Nie Filosofie nie! Wysbegeerte! Ek wys en jy begeer!” (Sy is nou ‘n storie wat wag om vertel te word!)

Ek het die stuk ‘n paar keer gelees. (Ek belowe.)  Ten einde raad het ek besluit om hulp te soek. Daar is net een wie ek vertrou as dit by filosofie of sielkunde of enige “ie” kom. My bulhond Nefie.

Ek: “Ek wil vra. Het jy kans gekry om die stuk te lees?”

Nefie: “Ja.” (2)

Ek: “En?”

Nefie: “Hy’s baaie slim. Baie slimsoort woorde. Ek dink ons moet nog hulp kry. My dierlike denke kring al om my gat met party van die goete wat hy sê.”

Ek: “Wie?”

Nefie: “Wel, hoekom nie so hoog as wat ons kan nie?”

Ek: “Jy bedoel?”

Nefie: “Netso.”

God: “Julle het ‘n probleem?” (3)

Ek: “Ja. Lees hier. Seblief.”

God: “Nie tyd nie. Ek is besig. Vra julle vrae.”

Nefie: “Die prof reken die menslike denke is uniek. Uniek menslik.”

God: “Dis mos logies. Menslike denke as ‘n uniek menslike verskynsel, is sekerlik voor die hand liggend. Dierlike denke is tog uniek dierlik. Of dink julle Walvisse droom walvisdrome of mensdrome. Maar dan, as menslike denke enigsins “denkedinge” deel met sê maar walvisse, kan menslike denke “uniek” wees? Miskien bedoel hy dat sekere denkdinge van mense uniek aan mense is.”

Ek: “Duidelik is ek net dom. Gee my ‘n Disprin.”

Nefie: “Die prof reken dat menslike denke ’n konkrete aktiwiteit is wat in alle werklikheidsaspekte funksioneer …”

God: ”Wat is “alle werklikheidsaspekte”?”

Ek: “Um. Alles. Vyftien van hulle. Vir ‘n ‘stoel’ altans.”

God: “Vyftien?”

Nefie: “Hy bedoel seker darem nie dat daar net vyftien is nie. Dalk vyftien waarvan hy weet.”

God: “Maar vyftien vir ‘n stoel? Ek het nie eens vyftien in gedagte gehad toe ek vir Adam geskep het nie. Net een. En dit werk nog steeds.”

Nefie: “Eva?”

God: “Twee. Maar met hobbels. En toe las sy eenduisend negehonderd nege en negentig by.”

Ek: “Die prof reken dat ons weet dat stoflike dinge, plante, diere en die mens van mekaar verskil – maar dat die vraag is: In watter opsigte?”

Nefie: “Hei?”

God: “Jy moet verstaan hy kom nie baie uit nie.”

EK: “Wel, ene Makransky (1) reken “Thinking wif plants is not so different from thinking wif people. For example, when we are about to have sex wif someone who really turns us on, we feel a palpable surge of sexual energy connecting us to that person. Similarly wif plants… ”

God: “Hy dink aan seks met ‘n pampoen.”

Ek: Hy seg ook; “In order to communicate wif plants (or people), you have to be able to regard them as your equals. If you are afraid (ashamed) to talk wif homeless people, beggars, black people, crazy people, etc then you’ll also find it difficult to talk wif plants.”

Nefie: “Wel dit verduidelik ten minste die verskil tussen mense en plante … mense is bedonderd in hulle koppe!”

EK: “Die prof wil dat bloot die feit dat diere nie onlogies kan dink nie, ’n verdere faset van die uniekheid van menslike denke belig.”

Nefie: “Herre. En hoe is dit ‘n probleem!?”

God: “Toemaar, Nefie, ek verstaan. Die menslike vermoë om te dink is die unieke probleem! Ek is besig. Boggerof!”

Ten slotte - prof, ek het die indrukwekkende stuk baie geniet!

Dis nou nie aldag dat ek die geleentheid kry om ‘n prof se knakels te piets nie. Maar ek ken ‘n paar eksperte.

(1) Makransky. Blog comment. (‘n Astroloog vanuit die VSA.)

(2) Nefie. Engelse Bulhond. Johannesburg. (‘n Filosoof)

(3) God. (‘n Karakter uit die Nuwe Vertaling van 1838.)

(4) Ek. (‘n “Presence agnostic vuller” in ‘n straattoneel.)

HJ

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top