Bokomo-brekfisbrief; 27/06/2010: U Wil

  • 0

O Heilig Skepper, Vader, God, Almagtig,
U Bestaan word, so Wragtig, ontken,
bevraagteken, beswadder, bespot,
kanti, teen Duiwelspiek, -kloof, -hoek,
-poort, Hel se hoogte, Sielwenner Satan,
het sý dissipels, verduiwels, sowaar g’n beswaar

topleier van verleiding, sy mag brei, sprei,
uit oor wydte en breedte van ons wêreld, univers,
hoe meer vulgêr, platvoers, onbeskaaf, Mens word,
hoe meer verword, brutaal, selfsugtig, gierig, wreed,
hoe meer skade Satan, dissipels en kie permanent aanrig,
hoe meer Gewete verloor, Mens, by die dag meer vyandig

en al Kan U, Self, verlore siele tot volheelheid herwin,
al kan U, van voor af, U Paradys, Utopiaans, weer begin,
moet ons eerste onse kjenners mooi van U Wil vertel,
oor onnodigheid van oorlog, verkragting, slawerny se hel

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top