Gelede koop ons onse eerste huis. In een van die gatkant voorstede van
Met die intrek kom Die Straat se mense drupsgewys welkom sê. Gou agtergekom dit was deels uit nuuskierigheid en deels gasvryheid. Die nie amptelike leier van die straat was die Ou oom. Van die Oumense reg oorkant. Hy was ‘n Diaken en as sulks omgewe met ‘n sekere mate van status.
“Nou boetie, waar kom julle vandaan?”
“Daar van Mafikeng se wêreld oom.”
“Hmm? Agterbosvelders. Hmm? Daar gebore?”
“Nee oom, Nelspruit.”
“Jouse vroutjie?”
“
“Hmm? Vrystaters. Hmm? Het julle diere? Hmm?”
“Diere?”
“Honde.”
“Ja so ‘n klein keffertjie.”
“Hmm? Hmm? Wat het julle betaal vir die huis?”
(Herre wat het dit nou met hom te doene!)” ‘n Winskopie oom. Baie minder as wat ek gedink het die huis werd is …”
“Hmm?”
En so vra elk uit tot hulle ons geskiedenis ken. Elk vra ‘n stukkie. En vir seker gaan hulle die lappies inligting saamgooi tot ‘n volledige inventaris van die HJ’s in die middel van Die Straat.
So ‘n week later is ons meer rustig en dinge is op elk se plek. Sit ons in die klein sitkamer en gesels.
My liefie kry so ‘n trek om haar mond. So in die lyn van “wie’s ongeskik, jy of die hond?”
“Ruik jy iets?”
“Ruik?”
“Ja man! ‘n Reuk.”
Ek snuif die lug rond.
“Ja! Ek ruik! Soos pap wat brand.”
“Het jy pap gemaak?”
“Nee. Miskien ruik die brakkie se poe ...”
“HJ! Ek ruik pap, nie brak nie!”
Ons stap deur die huis. Nergens kry ons iets wat soos pap ruik nie. Die keffertjie begin blaf. Die gaan staan in die gang en kyk stip na die gang se doodloop. Hare orent. Bewe. Gee ‘n tjank en kom skuil agter my bene. Die papreuk is oorweldigend.
Eensklaps is die reuk weg. Uiters eienaardig dink ek. “Dis dalk van buite af. Iemand in die straat maak seker pap.”
“Jaaa . Seker.” My liefie lyk bra skepties.
Klokslag elke aand so teen sewe uur is die papreuk daar. Ek deursoek die dak. Die kelder. Die kaste. Ons lig die ou matte. Sit nuwes in. Nuwe geysers. Verf die plek. Die papreuk bly. Die hond kerm elke aand en ons sukkel om te slaap.
Kom kuier die Oumense van Oorkant. Ons vertel hulle die storie. Hulle kyk na mekaar.
“Mamma, ons moes hulle vertel het. Hmm?”
“Nou maar goed Pappie, as jy so dink.”
“Wat moes julle ons vertel het?”
“Daar’s ‘n spook. ‘n Gees. ‘n Wandelende ene.”
“Waar?”
“Hier in julle huis. Dis die Ou man.”
“Watter ou man?
“Vorige eienaar. Hy is hier dood. Lief vir sy pap. Spesiaal ingevoer. En ‘n ewige renons in honde. Hy kook pap hierso.”
“Agge nee magtag! As hy wil wandel moet hy maar wandel maar is dit nodig om die pap te brand! Nou oom, wat moet ons maak?!”
“Weet nie. Miskien sal ‘n Slamse help.”
“Nou hoe
Hy bloos bloedrooi. “Hmm? Het al probeer. Nie gewerk nie. Ek is ‘n Dopper. Hy was ‘n Gatjaponner. Te veel sonde. Hmm? Bid werk nie.”
HJ


