380. Naas die 039 seker die beste masjien naas goete soos mnr Benz en
Wel, 'n Stihl kom naby. Met die verskil: 'n Briggs
So staan ons langs hierdie reusagtige Ozzie (Rooipitjieboom) wat nie hier hoort nie en wie sel lewe beëindig moet word. Ons vra om verskoning dat ons sy lewe moet beëindig en laat loop met die kettingsaag. Soos alles wat werklik gelewe het gee die Rooipit sy lewe met 'n lang kreun op vir mense wat bloot dit wat jare gevat het om daar te stel rondom 'n braaivleisvuur gaan geniet. Want hierdie betrokke Ozzie was so dik dat ek net-net my arms om hom kon kry. Met die afsaag het ek sy leeftyd geskat op so sestig, sewentig jaar. Ek bekyk die jaarringe so en ek
En dis hier waar mensekind wat dink hy ken en weet van alles op sy moer kry. So met die afsaag van die ouer man as ekke se takke kry hy toe tog sy laaste hou in: Een van die takke wat so onder die ou kolos gelê het spring op en laat die Stihl terugruk en met die herstel na die terugruk sien jy denim en bloed en knieskywe spat. En duisende rande later sit mens steeds, as die onweer op pad is, met daardie mankheid omdat jy nie genoeg respek vir selfs 'n Ozzie gehad het wat hom hier kom vestig het nie.
Daar is drie masjiene wat ek uit harde ondervinding met baie groot ontsag behandel: 'n Kettingsaag, 'n elektriese skaaf, en 'n "grinder". Listers issie meer ter sprake nie, want ESKOM sorg darem nog soort van dat die liggies brand.
oester


