Jou skrywes maak hierdie werf die moeite werd om te besoek, HJ.
Destyds in
En so aanvaar Vollie toe die beroep. Uit
Maar die manne het nooit iemand met soveel passie soos Vollie verwag nie. Want Vollie het onwrikbaar geglo dat dans uit die bose is. Taai ene vir manne wat hard
Ek onthou die aand asof dit gister was: Die byeenkomste destyds was mos meer van 'n familiebesigheid. Pa en ma gaan om te loop dans en die kroos gaan saam om te loop aanjaag. En later soos gevalle soldate oral te le en slaap. En so het ek onder Mavenster se voete gelê en kyk hoe die manne en maninne dans (Mavenster het nooit gedans nie) toe Vollie die partytjie kom opbreek. Ek wens ek
En hierdie het ek nie gesien nie, maar Mavenster het my dit vertel en Mavenster het nie een enkele onwaarheid in sy 69 jare op hierdie aarde vertel nie:
Vollie het in die klein konsistorie (Lobatse se kerkie kon omtrent 100 mense laat sit) die ouderlinge erg uitgetrap oor hul onsedelikhede en toe voortgestap en met die instap sy voorbereide preek opgeskeur. Mavenster het ons na die tyd beduie dat hy toe mooi geweet het: HKGK. Vollie is dik die duiwel in vir hierdie goddelose gemeentetjie van hom. Ek het geen idee wat hy daardie dag alles gepraat of beduie het nie, maar ek
Daai einste volgende Saterdag is ons sitkamer op Pitsane omskep in sekerlik die grootste dansbaan ooit. Ironies genoeg was daardie huis einste huis waarin Jameson destyds oornag het voor hy die ZAR ingeval het. En tot vandag toe is dit een van die helderste herinneringe wat ek onthou: Oom Duif wat mal gaan op Richard John Smith (waarom hoor ons hom nie meer nie?) se bekende song (as ek daai song moet noem hoort jy beslis nie in my generasie nie). Ek vermoed Mavenster het vooraf vir Vollie beduie want daai aand is die paartie nie opgebreek nie.
oester



Kommentaar
Ek weet my pa was 'n bietjie van 'n ander entjie mens, maar die lewens van die Lobatsi gemeente het swaar op sy skouers gedruk. By die partytjie wat hy gaan opbreek het, het hy vir hulle die skrif kwoteer uit I Kor 6:12-20. Ek was daar as die 11-jarige dogter van GM van Vollenhoven.