Ek het nie nodig om te verduidelik wat Voete se probleem was nie. Sommige manne sou hom as geseënd beskou het terwyl die sware las letterlik daagliks moes ronddra.
Nou, julle wat Die Witsand ken sal weet dat dit nie net 'n winderige plek is nie, maar dat dit 'n plek is waar vroulike geselskap uiters raar is. Nag na nag sal die manne in die Botel loop sit en die visgeld uitsuip in die hoop vir 'n gerokte dingetjie.
En so beduie die manne toe dat ons vir Voete 'n ietsie moet saamvat as ons weer Die Witsand gaan invaar. Ietsie soos in 'n jong dingetjie wat al heelwat ****** weggevat het en nie agteroor sal neerslaan as Voete vorendag kom met, mmmmmmm, dit waarmee hy geseënd was nie. En so trek ons mos toe met Rooiby in langs die huis waar die mure van afdop en die spesifieke dametjie van die nag huppel toe styf gery uit om hierdie wonder te ontmoet waarvan ons haar beduie het.
Na die afpakkery en die bottel se nekomdraai sit ons so langs die konka toe iemand beduie dat dit darem lyk asof Voete en die dametjie vordering maak. Want sien, Voete se huis het nie gordyne gehad nie, en mens kon, as jy wou, wat ons inderdaad wou, sien wat binne aangaan.
En hierdie het ek met my eige oë gesien: Voete het sy glas neergesit en so langs die dametjie loop staan en die nodige goete losgemaak. Sy het gekyk en gevoel-voel en gevat-vat en iets onhoorbaar gesê (ons kon nie hoor nie, ok?). En dieper die huis in verdwyn. Voete het verslae bly sit.
Skaars vyf minute later kom daai stukkie mens vanuit een van die agterkamers uit met net 'n groot T-hempie (ek onthou dat Mickey Muis se gevreet groot gepryk het op die hempie) en haar parfuum aan. En, ek sweer, so met die uitstapslag lig sy daardie hempie tot hier bo by haar ken. En dit is toe Voete sy glas laat val. Want kyk, as jy jare laas 'n sagte lyf gevoel of gesien het sou jy dit ook gedoen het.
Baie later sou ek hoor dat sy tog uiteindelik nie
Sy het verkies om hier rondom die konka te kuier. En so het ek vir Voete en die hoertjie alleen gelos toe die vaak my getref het.
Die oggend toe ons duikpakke aantrek toe beduie sy vir my dat Voete 'n baie slim man is wat vir haar allerhande gedigte en goete voorgedra het.
Tot vandag weet ek nie of hy tog gescore het nie. Hy is graf toe met wat daardie aand en nag rondom die konka gepraat en gedoen is. By navraag het sy bloot alwetend geglimlag.
oester


