SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Bokomo-brekfisbrief; 30/10/2010: Vrede, Sondaar

LitNet 2010-10-29 Jy vat mens ver terug. Mnr Bowie, daai paarties, die "Chinese braaie", die fondues, die katte knyp innie donker ... Ek onthou ene spesifiek want die dametjies het besonders baie moeite gedoen. 'n Doodgewone denim sou nie deug nie. Die ...

Bokomo-brekfisbrief; 29/10/2010: Reën

LitNet 2010-10-28 Die kerke was vol, selfs op weeksdae. Om te bid want die aarde is goed, maar die aarde is droog. En as mensekind nie meer weet watter kant toe nie dan smaak dit my wens hy hom altoos na sy Godheid. Die slim mense en sommige van die oues ...

Bokomo-brekfisbrief; 28/10/2010: Hysbak ens ... of bieg as jy wil (SNL en die gewone)

LitNet 2010-10-27 Het haar die eerste keer in die hysbak gesien. Net gesien, al is die oë die oorsaak van vele netelige en goeie en later nare nagevolge. Ek onthou ek moes spaander want ek was laat en moes nog my vuurwapens (dis 'n rowwe wêreld hierdie, ...

Bokomo-brekfisbrief; 27/10/2010: Stadsjapie op die platteland

LitNet 2010-10-26 9 maande op ‘n klein dorpie is te kort om gewoond te raak aan die verskille tussen die platteland en die stad. As gevolg van die Sishen-myn is hier buitengewoon baie jongmense en mens sien baie jong paartjies en hordes swanger vroue en klein ...

Bokomo-brekfisbrief; 26/10/2010: Ode aan Otto

LitNet 2010-10-25 Tien jaar gelede het jy as ‘n vrolike swart wollerige bondeltjie in my lewe ingebons. By die hondeskool was jy altyd die mooiste hond wat die meeste aandag getrek het. Jou opgewektheid en lewenslus het gemaak dat jy my baie keer amper ...

Bokomo-brekfisbrief; 25/10/2010: Sakkie

LitNet 2010-10-22 Ek het al beduie van Sakkie. Maar min mense verstaan as jy moet staatmaak op blote beskawings. Sakkie was 'n staatmaker vir sy werkgewer. Harde werker wat begin het as petroljoggie en homself met sy eerlikheid en sy harde werk opgewerk ...

Bokomo-brekfisbrief; 24/10/2010: 'n Huisie by die see

LitNet 2010-10-22 Aan die begin van elke jaar is die briewekolomme in tydskrifte gewoonlik vol klagtes van mense wat aan kusdorpe woon. Die geteem van Martie Martelgat oor familie en verlangse vriende wat nooit van hulle laat hoor nie, maar wat oor die Kerstyd ...

Bokomo-brekfisbrief; 23/10/2010: Ouma en Oupa kuier op Kathu

LitNet 2010-10-22 Ons het altyd naby my skoonouers gebly, en kon dikwels kuier sonder dat ons in dieselfde huis hoef te bly. Ons was al saam met vakansie, maar noudat ons hier op Kathu bly het hulle kom kuier en twee weke saam in skoondogter (dis nou ekke) ...

Bokomo-brekfisbrief; 22/10/2010: Die lewensredders

LitNet 2010-10-21 Ek het, ek reken, al my bydrae gemaak tot die najaag van die onbelangrike. Die vanuit retrospektiewe insig, mundane. So spandeer ek in my jonge dae ‘n jaar of wat in ‘n kusdorpie. In daardie dae ‘n patetiese gehuggie van ‘n ...

Bokomo-brekfisbrief; 21/10/2010: Kiekies (met erkenning aan Lucas Maree)

LitNet 2010-10-20 Soek die naweek 'n spesifieke foto van 'n dol dag wat lank in die vergetelheid lê. En raak vasgevang tussen die hordes fotoalbums en die bokse vol "foto first" koeverte met stapels foto's in wat weggebêre is vir eendag. En soos die ...

Bokomo-brekfisbrief; 20/10/2010: 'n Jaarlikse seëning

LitNet 2010-10-19 Mense kan hul soms blind staar. Ander sal ‘n ietsie in die verbygaan mompel. Tog is dit tragies dat die meerderheid mense dit net vanselfsprekend aanvaar. Dit is die mooi jakaranda-kombers wat ...

Bokomo-brekfisbrief; 19/10/2010: Dink vir jouself ...

LitNet 2010-10-18 ... en gun aan ander ook die vreugde daaraan ... “Het jy iets uit Johannesburg gehoor?” Ek toets die afstandbeheer op my ma se TV so in die loop om ligte af te skakel. Ek is alleen, ...

Bokomo-brekfisbrief; 18/10/2010: Spitskoppe

LitNet 2010-10-18 'n Spitskop is mos daai ou soort kool wat mens nie meer deesdae in die winkels sien nie. Blykbaar vat hy te lank voor die kop stewig genoeg is om te sny, so min groenteboere plant hulle deesdae. Dis mos 'n koolkop wat met so 'n punt staan en ...

Bokomo-brekfisbrief; 17/10/2010: Onse Asjéra aan die punt van 'n lyn?

LitNet 2010-10-15 Asjéra onse Shekhinah, geliefde van HaShem. Sy is ook die geliefde van see en land, en beskermer van alle lewende dinge. Bron Die kinders van Israel is op dramatiese wyse gesond gemaak deur eenvoudig na Haar te kyk waar sy met ...

Bokomo-brekfisbrief; 16/10/2010: media-etiek

LitNet 2010-10-15 hoe kan Mens mediatribunaal vrees, as Mens nog nooit, nimmer, inne lokasie was, hoe kan Mens mede-Mens, Naaste, leer ken, as meeste media, ingebed, niemand wil red, uit onkunde-ontkenning, struktuurgeweldsindroom, eerder verag, bespot, behoon, ...

Bokomo-brekfisbrief; 15/10/2010: Basberading en die wetenskap

LitNet 2010-10-14 Ek het ’n vriend. Dierbare mens. Maar so mal soos ’n haas. Hy glo dinge. Dis nou nie dat ek die glo-storie op sigselwers wil afmaak nie, maar. Jy kan glo wat jy wil. Dit het ook niks met intellek te doen nie. (Dis nou die ...

Bokomo-brekfisbrief; 14/10/2010: Die vlug van 'n arend en die weë van Binnelandse Sake

LitNet 2010-10-13 Tree ek by Binnelandse Sake, Centurion, aan, gewapen met ’n voltooide PDF-dokument wat ek van Binnelandse Sake se werf afgelaai het. Dis ’n ellelange tou van mhlungu’s, meeste gewapen met die kenmerkende geel en wit ...

Bokomo-brekfisbrief; 13/10/2010: Neil Diamond, Pieter

LitNet 2010-10-12 Sit en terugdink aan die eerste keer wat ek met die Meester kennis gemaak het. “Hot August Night” was nog ver in die toekoms en mnr Diamond se songs is nog net hier en daar gespeel. Dit was doer in Springs toe my twee nefies tragies ...

Bokomo-brekfisbrief; 12/10/2010: Toets vir Afrikanerskap

LitNet 2010-10-11 Al hoe meer is daar mense wat wonder wat ’n Afrikaner nou eintlik is. Na diepe bepeinsing en intensiewe navorsing het ek die volgende vraelys opgestel om mense te help om die probleem op te los: Hou jy van vleisbraai? Hou jy ...

Bokomo-brekfisbrief; 11/10/2010: ontmenslikingsmotief

LitNet 2010-10-08 so graag wou ek getuig, vol trane, my spyt, aandeel, aan apartheid, hartseer, pyn, bely: verby’s oranje-blanje-blou-Voortrekkergejuig, verby’s Broederbondspitsberaadberaadslaging, verby’s Republiekfeesgangsterstoejuiging voort ...
Top