Bokomo-brekfisbrief; 13/11/2010: a(w)u

  • 0

 

ongeag Mens se strewe na suiwer mede-Menslikheid,
al hunker Mens na volhoubaar Homo Sapiens Kwadraatskap,
soos in Paradys, Jena, vir ewig en ewig kan voortbestaan, bly leef,
mede-Mens liefhê, bemin, soos Mens Mens Self moet, inderdaad,
almal egalitaristies, egalitêr, alles deel, niemand roof, moor of steel,
enigste tronk dié vir Duiwelspiekdissipels, mugu’s, onkunde-ontkenners,
vermyders, verwyderaars van Gewete, van Hart, Siel en Gees, Siel-rowers,
nie tevrede om net hul Self, stuk vir stuk, te vernietig, onherstelbaar so,
in opdrag van hul heerser wil hul elke Siel, elke hartstogtelik’ stuk Liefde,
onder sy dwingelandy inbring, in hul spotterskring sy masochisme besing,
plesier wat hy put uit Mens se pyn, lyding, hartseer, gewetenloosheid, ja,
so volledig onderwerp aan sy regime van nihilisme, sinisme, kapitalisme,
asof hulle kwansuis glo dat hulle onder een of ander wanindruk verkeer,
Skepper van Paradys glo nie hul Heer, is’t tyd, stadigaan terug te keer,
Gewete, vermoë om tussen goed en kwaad te differensieer, te kies,
vir eersgenoemde, soos’t verwag word van Mens, eie Kind van Vader,
Gewete in volle volledigheid, omvattendheid, heelheid, skoonheid,
Waarheid, Geregtigheid van Waarheid, ontblotend te openbaar, sowaar,
mede-Menslikheid konkreet te realiseer, te herinstalleer, te heraktiveer,
awu, ‘t sal nogal koeler as Kaapse Dok, nes ‘n mellow laid-back tjello-tjoen,
bakgat, ayoba, super, cool, onoortreflik geprogrammeer, sosio-ekonomies,
kultuur-histories, argeo-antropologies, Mens-waardig, mede-Menslik,
humanitêr, humanisties, humaan, respekvol, gedissiplineerd, volrond,
baie naby aan egte Utopia-ervaring wees, verbeel jou, nogal, Mens,
lat Paradys op Aard’ so wragtig ons heel enigste uitweg, uitkoms,
vroeg, aan aanvang van Millennium Drie, God se Grootste Wens, is

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top