Het haar die eerste keer in die hysbak gesien. Net gesien, al is die oë die oorsaak van vele netelige en goeie en later nare nagevolge. Ek onthou ek moes spaander want ek was laat en moes nog my vuurwapens (dis 'n rowwe wêreld hierdie, of dit was) inboek en teken en jy weet mos hoe dit gaan as jy laat is: Die bleddie hysbak beweeg al stadiger hoe meer en harder jy die knoppie druk. Baie soos die afstandbeheer - hoe papper die battery, hoe harder druk mense die knoppies.
Ek het haar nie eens gesien nie, want Dok Avery was soos 'n brullende leeu as mens laat op kantoor kom. Ek het al probeer verduidelik van Jaq's en die plekke maar hy was reg: Mens is op jou pos, al moet jy uit die kroeg uitstrompel na jou werk toe. Wyse man ou Dok Avery gewees ... (Vele slim advokate
Sy het later gesê dat sy net gesien het die knoppie word in sy glorie gedruk. En probeer oogkontak maak ... Moet sê, ek kon haar nie onthou nie.
Later, dit kon dae of ure of weke wees, ek wetie merie, het ons mekaar teëgekom by die Departement se fotostaat/fakskamer. Kortgat, wulpse dingetjie met 'n wipneus en hare wat so oor haar skouers gespeel het. Ek kon sy stap!!!! Daar is mos net iets aan hierdie Wonders wat ons vrou noem ... veral as hulle so wegstap en oor hul skouers kyk en hul hare so weggooi. En kon sy fotostate maak! Later, so smaak dit my, was ek en sy die amptelike fotostaatmakers. Min wetende dat die natuur toe eintlik lankal Haar ding gedoen het.
Ek onthou my kantoor was op die 14de vloer en hare op die 16de. En die fotostaatkamer was op, mmmmmm, ek dink die derde vloer. Ek onthou die heel eerste dag wat ons alleen in daardie hysbak was soos gister. Of nee, ek onthou nie veel nie, ek onthou net dat die rit na bo laaaank was. Of eintlik te kort. Want jy weet mos hoe dinge werk as die kop nie meer werk nie ...
Teetyd in die staatsdiens is heilige tyd. Jy mog nie destyds op kantoor wees sonder 'n dokter of die president se brief nie (ek’t 'n idee dinge is steeds so deesdae), maar op een of ander manier het ons 'n manier gevind om weg te wees van ons onderskeie afdelings se "amptelik/official" teetyd. En my kantoor was gesluit.
Ek onthou dat my daaglikse roetine was om af te stap tot by Zillertal (Jip!) (bestaan hulle nog?) - vir my vaste bestelling burger of wat ook al en daarvan na die pandwinkel op die hoek waar ek kon wegraak tussen hul boeke.
Tot die dag, kort voor kwart voor een wat die gesiggie in my deur staan en onskuldig vra: "Jy gaan seker nie uit nie, gaan jy ... ?"
En vir die volgende paar maande was my etenstye, wel, etenstye. Tot dinge rof begin raak het. As jy al ooit die uitdrukking gehoor het: "Wit lewer" sal jy weet waarvan ek praat. Want om een of ander rede kon hierdie lieflike wese met haar mooi oë en mooi ore en mooi neus en mooi ken en mooi, mmmmm ... jip, net nie genoeg kry nie.
Ek onthou, en onthou, dis die dae lank voor selfone, hoe ek moes bontstaan om te verduidelik wie die dame was wat in die vroeë oggendure aangesluit het en lang nagte soos 'n gedagte laat verbygaan het. En dis die dae toe mens nog los was en nie gedink het jy het nodig om te verduidelik nie. Tot die dag wat die pôpô letterlik die bleddie fan geslaan het.
As 'n vrou in jou kantoor instap en die deur toetrek moet jy verwag iets gaan gebeur. As sy egter by jou kantoor instap en die deur toetrek en vir jou sê: "Ons moet praat" moet jy maak dat jy wegkom, of in my geval: wens ek was nog in daardie eenheid waar ons geleer is om uit vliegtuie uit te spring. Of, wel, wens die mure kon jou eerder insluk. Want mens is nog jonk en jy ken skaars nog die pedigree en jy weet jy het nie voorsiening gemaak nie. Mens wil mos nie so vroeg al pa word nie, wil mens?
"Ek is getroud ... Dis kompleks ..." en regtig, ek onthou nie meer van die gesprek nie. Sy het wel later verduidelik dat sy nie
Ek dink soms terug aan haar en hoe sy haar raafswart hare so kon gooi as sy weggestap het. Spyt? Ja, soms is ek spyt dat ek nie betyds geweet het nie, en soms is ek spyt dat ek lank die bleddie lêers moes uitsort wat op my lessenaar gelê het. Soms is ek spyt soos mens mos maar altyd spyt is oor dinge wat nie mag wees nie. Ek wonder tog of sy geluk gevind het ... Ek stap soms in 'n
Groete uit Oesterland,
oester


