Bokomo-brekfisbrief; 10/11/2010: Maya: Fliek op Potch

  • 0

Nou moet ek eers seg dat my eerste ervaring van fliek tydens my laerskooljare in die Oos-Kaap was, my beste maatjie destyds se pa het die bioskoop besit … Ek dink my eerste herinnering aan fliek was met ’n Tarzan-fliek, die ouens loop deur die ruigtes en ’n wilde barbaar kom uit die takke aangeswaai, bespring hulle en bind hulle vas. Uit die gejuig om my kom ek agter ek ondersteun die verkeerde ouens, hulle is glo die bad guys.

Die twee inry-teaters in Potchefstroom het ons destyds dikwels gesien, eers saam met die familie in die kar, later met fietse en later nog met die motorfietse. En daardie lekker saal waar jy dalkies iemand raakloop om by te sit …

Dit was die goeie jare van onder andere The Good, The Bad and the Ugly van Clint Eastwood.

Those where the days my friend we thought would never end.

Ek sien gister ’n foto in die koerant geneem bo-op die verlate Top Star-inryteater in Johannesburg, wat bo-op die mynhoop geleë was. Dit het ook herinneringe teruggebring.

Fliek in Potchefstroom was daardie jare ’n groot en stemmige geleentheid – vir sommige mense. Ek onthou hoe ek en oorle Piet met ons verbleikte jeans en motorfietse by die Leba in Klerksdorp aankom en die mense paradeer in aanddrag daar voor die fliek se ingang rond; deftige uithangstorie.

En jy is reg, dis darem hoogs irriterend deesdae as jy in die fliek sit en dit lag en gesels om jou, en die aartappelskyfie-sakkies kraak en die selfone se skermligte skyn in die donker.

Groete

Pieter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top