Bokomo-brekfisbrief; 25/10/2010: Sakkie

  • 0

Ek het al beduie van Sakkie. Maar min mense verstaan as jy moet staatmaak op blote beskawings. 

Sakkie was 'n staatmaker vir sy werkgewer. Harde werker wat begin het as petroljoggie en homself met sy eerlikheid en sy harde werk opgewerk het later tot toesighouer en later as bestuurder. Klein mannetjie, soos jy kan sien maar klein botteltjies hou mos die grootste gif se hulle mos. 

Tot die dag van die tragedie. Die dag wat die manne met die slim planne opgedaag het om te kom vat wat nie hulle s'n is nie. En die wapens uitgehaal het. Nie tevrede gewees om net die geld te vat nie, iemand moes seergemaak word in die proses, en daardie iemand was Sakkie. 

Sakkie was maande lank in die hospitaal. Dat hy nog lewend was is een van daardie onverklaarbare wonderwerke van hierdie lewe. Maar Sakkie het nie normaal uit die hospitaal gekom nie. Want een van die rowers se koeëls het permanente skade aangerig. 

Sakkie is nou vir baie wat hom goed ken sommer Klasie. André Babs het hom maar onder sy vlerk geneem soos wat hy met vele afvlerk-mense doen oor die jare. Die verskoning is: "Hy werk vir my," maar ons weet dat Sakkie se enigste werk bedags is om gou na M se winkel te stap om iets te gaan koop. En dan stap Sakkie so met die tyd saam straat op om by die winkel te kom en geen idee het wat hy moes gaan koop nie. 

Ek het destyds gesê en ek sê weer: Ek wens ek kan die ouens in die hande kry wat Sakkie se lewe so verwoes het. 

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top