Bokomo-brekfisbrief; 05/11/2010: Lafras en reine boeke

  • 0

Tja! Jy weet Lafras, op myse ouderdom kry ek nie meer veel maagdelike boeke op my pad nie. Ek het al gehoor daarvan. Soos ek deur my herinneringe van
die vele boeke in myse lewe  blaai, merk ek vlekke en tekens van veroudering en gebruik op. Sommige het ek al voos gelees. Bv die boek wat ek tans lees;
vat bladsy 69, ek het die bladsy in die kombuis gelees. Bladsy 12, in die badkamer. Bladsy 622, vroegoggend op 'n tuinbankie.  As mens so deur 'n ou
boek blaai spreek nie net die wysheid nie, maar ook die ervaring wat dikwels nog deur die maagdelike boeke opgedoen moet worre. Meeste van die boeke wat
ek aan die DBV skenk is inderdaad van die nuwe maagdelike soort. Hulle is, vir my, net 'n bietjie skril op die oor. En hulle spreek dikwels in 'n idioom
waarvan ek min verstaan.

Ek het baie waardering vir jou maagdelike boekerasie maar ek persoonlik verkies die ouer tweedehandse boeke. Maar dan, ek is sekerlik heelwat ouer
as jy. (As jy ouer as ek is ... jou ou bok!)

Sal ek betaal vir 'n tweedehandse boek? Wel, dit hang van die boek af. Ek kan aan 'n paar tweedehandse boeke dink wat ek nogal 'n klein fortuintjie
voor sal uithaal! (Klap my liefie my agter die kop!)

Groete

HJ

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top