Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Mentor Rachelle Greeff sien uit na LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool
2020-08-27"Skryf is skryf is skryf, het Deon Meyer vroeër vanjaar vir studente gesê. Dit moet helder, opwindend, energiek, interessant en prikkelend wees, want jy wil jou leser verlei om enduit te lees. En dit geld vir fiksie en niefiksie."
Ons hou begrafnis
2020-08-26"Toe kry ons die nuus – ouma Marie is oorlede en ons moet almal begrafnis toe. Niemand is besonder lus om te gaan nie want sy was maar ’n moeilike entjie mens, nie besonder geliefd nie. Maar, plig is plig en reëlings word dus getref."
Die heks van Gelukspoort
2020-08-26"Dit is natuurlik koningskos vir die skinderbekke. 'Ou Arrie is soos ’n uit tyd uit bokram wat ’n nuwe ooi geruik het,' verkondig die giftonge dit as die heilige evangelie."
Ma, waar is Ma nou?
2020-08-21"Die snaakse gevoel as jy by die graf sit en dit voel nie of Ma daar is nie. Sy het nogal ’n sterk teenwoordigheid gehad, jy het van haar geweet."
Aansoeke ingewag vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool
2020-08-21Aansoeke word ingewag vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat van 12 Oktober tot 1 November 2020 op Somerset-Oos aangebied word.
Thomas Mann
2020-08-19"agter die lessenaar
in jou studeerkamer
die vergestalting van ’n eeu met ’n vulpen"
Kleur
2020-08-19"die maan het rooi gaan lê oor kimberley se gat
en ons het gedwaal in die spirale van die stad
nes die reëlmaat van jou ribbekas
note uit die savoy swart op jou weinig wit ivoor
’n dialek gemoduleer het"
Veerkrag
2020-08-19"in die uitgestrekte hemelsfeer
waar die grysgrou glinstermaan
my opraap in sy baan"
Feit
2020-08-19"ek mag ontvang ek mag verdryf
ek mág solank ek saggies is: beskeie soos ’n vyeblaar"
Twee gedigte deur Risha Lötter
2020-08-18"daar is dou in jou swye
in die gras van jou holtes ontbreek antwoorde"
Kaleidoskoop van ’n vriendskap
2020-08-18"Jy het my pelgrimspad in die labirint
met ’n mosaïek van kleur bestrooi soos vir ’n sterrekind"
Maer vir net een dag
2020-08-17"Dáárdie uur: soos die laaste oase voor die woestyn, die wanhopige tog deur die nag tot verlossing die volgende oggend daag, ’n varksworsie in botter gebraai by haar twee gebakte eiers. Maar sy dissiplineer haar: Sy wag tot halfagt."
LitNet and the Jakes Gerwel Foundation’s Kommadagga writing workshop
2020-08-14LitNet and the Jakes Gerwel Foundation will present a mentorship programme for promising young English and Afrikaans writers in Somerset East from 12 October to 1 November 2020. The programme is intended specifically for short-prose writers – applications are now open.
LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool
2020-08-14LitNet en die Jakes Gerwel Stigting bied van 12 Oktober tot 1 November 2020 ’n mentorskapprogram vir belowende jong Afrikaanse en Engelse skrywers aan wat hulle met die kortkuns besig hou. Voornemende deelnemers kan nou aansoek doen.
Geblus
2020-08-14"omdat my môre soek is
sal voëls nie weer vir my klink
soos in my laaste goeie uur"
Ballade vir Joost se boetie
2020-08-14"Bedieninge-gemeente, waar die mense staan en sing
en dertig gemeentelede aan die Here hulde bring
het op Sondag, 26 Julie 2020, ’n makabere toneel
van skote en dood en bloed in die samekoms afgespeel."
Eergister se Nuwejaarsdag, 1955
2020-08-14"Tussen die beet en geelwortels sit ek by die kafeetafeltjie met ’n koeldrank. Dis Nuwejaarsdag. Erna-hulle het gaan piekniek hou en swem by die meer. Hermina-hulle het gaan tennis speel. Nie een van my vriendinne het my saamgenooi nie."
Die portret
2020-08-13"Die tydverdryf word onderbreek toe Nalin tot my verbasing lui-lui in my ry afgestap kom en terstond een van die oop sitplekke in die middel aan die oorkant kies om te gaan sit. Wat sou háár makeer?"
RE:
2020-08-12"Elke les word noukeurig nagesien en punte word gegee vir vordering. Swak storielyne en herhaling van vorige drome word swaar gestraf met drie bladsye se dramatiese voordrag uit Graeme Smith se biografie."
Kampkerkhof
2020-08-06"Moeders wat siel gedood niks meer vra
as die doodsengel
uit haar arms kom haal"
