Saluut aan Eugène Marais
Vir die 84e herdenking van sy oorlye
Uit die genepoel
van die Afrikanerdom
het jy gekom
geniale profeet
wat die woord
sou meet
oor die bergtop loer jy skamper
nooi die taal vir die dans
van soekende woorde
knoop jou bande
met Morpheus
god van Drome
wat jou vertel
van Slaap en Nag
jy het teen Majuba
van die lewe
dapper opgeveg
die indringertaal
moes die aftog blaas
tog het jy gevoel
die Diep Rivier
die onderstroom
sleep aan jou ‒
onder wag Lalele
koud raak die wind
as jy gaan lê.


Kommentaar
Hennie dis magies verwoord en treffend gepen.
'n Pragtige ode opgedra aan 'n buitengewone mens - dit het my meegevoer en laat onthou. Dankie daarvoor!
Hennie, 'n waardige gedig aan 'n merkwaardige man.
Hennie, hierdie gedig is sy onderwerp waardig!
Baie dankie