Shakespeare, sonnet #21

  • 0

’n muse met te veel grimering
lei jou na ’n oorbeverfde vers:
oë en lippe, sterlig en seeglans! ai
jy plagieer uit die natuur se lang passasies
om jou jong klong te beskrywe
tot ’n trots
nee, hou op die uitspansel besteel
die blommetjies te pluk vir oogkleur, velskyn
en besef verliefwees
is ’n eerlike soort rampspoed
want jy skrik van teerheid vir sy fordyce spots
sy ingroeihaartjies en die slaapslym in sy ooghoek
dis belaglik maar jy cheer hom aan in verse
nes die luidbekmammas langs
die rugbyvelde van jou jeug
hy’s beter as die res, jy’s lief vir hom
omdat hy dalk kan seerkry?
daar’s g’n sweem van hemel in sy asem nie
niks weerlig nie
maar ligweg wél elektrostatika
van bene harig onder die duvet

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top