Storielyn

  • 2

Foto: Canva.com

Storielyn

Ons hou die lewe 
            met vergrootglas dop,

binne-in mensmasjien 
            alles opgekrop.

Verdoesel in borrelende 
            gedagtes vertoef illusies, 

makabere sprokies 
            binne grysstof –

tog sal elke storie eendag kwyn 
            van mens-brein 

verflou ’n hartklop  
            tot net ’n enkele aaneenlopende lyn ____ stop.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top