My sonskyn
Jy’s die son; jy’s die maan
die sterre daarbo,
die rede dat ek lag
en die sprankel in my oë.
Jy’s die anys in my veerbeskuit
en die kondensmelk in my tee.
Dis die sensasie van jou lippe
wat lewe aan my passie gee.
Jy’s die odeur van die veld
ná die eerste lentereën;
die donder wat ’n storm
soos ’n slagorkes laat dreun.
Jy’s die tamboerslag
wat my geluk verklap,
wat my hartsmusiek tot ritme bring
en die rede dat ek saans in die bad vir jou
“You are my sunshine” sing!
Kommentaar
'n Heerlike liefdesgedig met al die sintuie wat daarvan getuig
Pragtig!!
Dis baie ritmies en pragtig verwoord, lig en vrolik.