Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Gister sal nooit vandag wees nie
2021-01-20"alhoewel ek druppels moes tel
om tot hier te kom
sien ek met my kinderkop in ’n volwasse lyf
hoe vrouwees ’n mens kan breek
of kan maak"
Môre word ek en jy "ons"
2021-01-19"om nuwe hoop te plant
want in vandag en môre
word ek en jy opnuut
weer
ons"
Ai, Ma
2021-01-19"Dan tref dit my – die wêreld is in sy moer, haar plan ook: Daar gaan die sekerheid oor die privaat skool, die Britse kurrikulum, ’n hele jaar se nasionale prestasies in sport en kultuur, die sterk bande met ’n diverse groep Engelse vriende, en genoeg geld vir residency of dalk selfs citizenship om seker te maak die groen paspoort kan eendag vir altyd versnipper word."
(’n voorlopige versverslag uit die pyn(ver)werkerswinkel)
2021-01-19LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Breyten Breytenbach se gedig hier.
Bacchus in die Sandland
2021-01-15"Ieder geval, die kys met die kêrel wat sy middagetes by die befaamde restaurant geëet het, het ook nie lank gehou nie – ek het sober smake."
21st key
2021-01-12LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Nathan Trantraal se gedig hier.
Die anderkantskemeruur
2021-01-12"Dis hierdie uur
wat mens laat terugblaai
die heel laaste daguur
en wonder of jou dieptesoeke
ooit wortels kon skiet"
Wene
2021-01-12"Of klop die hart van die stad eers in my
as dié blitsbesoeker, wat snuffel op straat,
sy kits-kos, kits-pos, kits-eer los
eietydse vertoonsug agterlaat"
Jeug op Majuba
2021-01-12"met die kleinste voete
die grootste hart
klim die jonges bergop
tot die kruin daarvan geplat"
Scherzo
2021-01-11"Alim wys ons daarop dat dit tradisie is om die huise met beeldhouwerke en simboolryke muurskilderye te versier. Ek is dadelik opgewonde en wil sommer terstond so ’n besonderse huis koop."
Kladboek
2021-01-05LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Eunice Basson se gedig hier.
Persverklaring: Aantal jeuginskrywings in die AVBOB Poësiekompetisie skiet die hoogte in
2021-01-04’n Rekordgetal inskrywings is ontvang in die vierde jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie wat van 1 Augustus tot 30 November 2020 aangebied is. Dit vertel ’n gerusstellende verhaal oor die siel van Suid-Afrika.
mondig
2020-12-29LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Gilbert Gibson se gedig hier.
Mortifikasie
2020-12-23"ek kan nie ophou kyk
na die reep op reep lap
lewende kleure en bont daarby
eens deel van iets groter;
nou geskeur net een doel dien
Bondgenoot"
landuit
2020-12-22"landuit koebaai sê vir goeie pêlle
bly maar ’n diep, rou, hartseer ding
land in, sou ons julle terug wou bring;
al die nabye geliefdes voel dieselfde"
Herfs
2020-12-22"Ek wil jou beloftes afbrand
sodat jy kan skroei
Ek wil jou omgee in blare verander
die soort wat wegwaai as dit winter raak"
burning bright
2020-12-21LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Susan Smith se gedig hier.
Die koms en die vertrek van die oom: deel 3
2020-12-18"In die middel van die bed lê Hansie. Hy het ’n aandpak met satynlapelle aan en ’n wit formele hemp met fyn opnaaiseltjies. Hy het ’n donkerblou en silwer strikdas aan en blink skoene. Hy lyk of hy slaap."
Persverklaring: Sopnat gala-aand ’n reusesukses
2020-12-18Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehaltepoësie in Afrikaans. Op 1 Maart 2021 skop INK af met ’n splinternuwe digkompetisie wat 2020 s’n gaan oortref. Hier is vanjaar se wenners.
Die koms en die vertrek van die oom: deel 2
2020-12-17"Hoe kan mens jou die verblindende skok van die twee jong mense wat hulle eersteling moes afgee, voorstel? Hoe sal iemand weet in watter oneindige stilte en leegheid hulle daar in hulle huis agterbly het? Want wat grootoupa geëis het, het net so gebeur."
