
Foto: Canva.com
Price tag
Sportscene verkoop die latest Nike Air Max
Vir die coloured van ’n enkelma- domestic worker
Om mee te loop deur aa-water van die lokasie se vol dreine
Die vuil spoor van hard living en survival
Adidas om mee te hardloop
In die blokke en bullets dodge
Voor die jongens dit uittrek, afvat
En verkoop vir ’n bietjie tik
Vir die ouens Jockey-onties wat uitsteek by hulle jeans
Die illusie van die ou wees, ’n man wees
Vir die meisies wat oor en oor val daarvoor
Nóg Brazilian om soos ’n queen te voel
Wat hulle nie andersins kan wees nie
Goue splitte vir valse tande
Without ever being rich
Die labels wat nooit afkom nie:
Skollie, dronkgat, meid, vaderloos
Price tags om ons gesplete identiteit mee op te patch
Soos a cheap pleister op ’n rou wond
Saam met die New Balance van social inequality


Kommentaar
Raak vasgevang, Wilmarie Pekeur!👏👏👏
Baie dankie, Salvia.
Wilmarie, ek lees jou werk met aandag. Jy het vir my so 'n mooi van!
Baie dankie, Jacobus.