
Foto: Canva.com
COVID-19-doodsengel
Elke sterfgeval weens COVID-19 laat jou sidder
Daagliks is daar meer berigte van bekendes wat dood is
Jy kyk na die gesig op die foto in die koerant
en wonder waar hy aangesteek het
of hy sy hande gewas het
of hy ’n masker gedra het
of hy sosiale distansiëring toegepas het
Dan gaan kyk jy op Wikipedia waar die bekende gebore is
waar hy gebly het
hoe oud hy was
waarvoor hy bekend – en dalk berug – was
hoeveel kinders hy gehad het
jy wonder wat sy drome vir homself was – en of hy daardie drome verwesenlik het.
Maar veral wonder jy by wie se huis die COVID-19-doodsengel nog gaan aandoen.

