gewigloos die saad om elders
tussen naglopers blom te maak –
na hulle het my hand gereik
soos ’n kind, kopspelend saam
*
skielik is daar ander saad
weliswaar stekelrig gekleur
melkdistel en perdeblom
kankerroos en kouterbos
krapnaels wat jou reis
onverwags laat stuit
na skuilings toe laat vlug –
nou is leef ’n netelbos
’n tyd waarin ons bloei oor
die soetpyn van mensverblyf
oor ons kortstondigheid in
hierdie aardse oornagtuin
Lees al die Mondig-gedigte hier:


Kommentaar
Uitstekende, roerende gedig. Elke woord gelaai met betekenis...