Marco praat al van kleins af van hoe hy die klimmeire wil opklim
dan lag die grootmense net vir hom met sy oubek
die grootmense hou van ’n klein mens wat praat soos hulle
dit is soos om in ’n spieël te kyk en jou reflection knip ogie
soos dai Bugsy Malone film waar al die mobsters kinders is
toe Marco sestien word toe is hy klaar ’n pa van een
toe hy een-en-twintig word toe is hy ’n pa van ses
toe Marco se eerste kind sestien word
toe word haar boyfriend een-en-twintig
Marco het net gesug en sê ja vroeg ryp vroeg vrot
terwyl die oumense hulle koppe skud en saamstem
Lees al die Mondig-gedigte hier: