Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Berge
2021-04-07"vele gangers van vergange
sing hier hul laaste avondslied
hier waar sy regtervuis se kneukels
oor gladde rostrumrotse
sy kwota afgunsbloed vergiet"
Sy dans woorde
2021-03-26"sy skuil in haar dans omdat sy moet
want sy ken die bitter sy ken die soet
verraad en venyn met ingehoue pyn"
Winter
2021-03-26"siedend-verwoed ruk en skel
die wind in boom en hoek
asof hy dáár – getoor en fel –
die rede vir sy tierhart soek."
O die pyn-gedagte
2021-03-26"Dis verskriklik om vasgevang te word tussen my smagting na die dood, die pynlose stilte en haar siekte. Hoe kies jy tussen dood en dood?"
’n Tikkie nostalgie
2021-03-26"ek luister na ’n ou bekende liedjie
dink aan kruisbeen sit op die mat
langspeelplate in hopies opgestapel
en sonder rede verlang ek ’n bietjie"
Leestyd: ’n mamma antwoord haar dogtertjie
2021-03-24"Wat word van die rooietjies
as hulle eendag doodgaan?
Hulle gaan vir ewig lewe."
die herfs van 2020
2021-03-23"die herfs van 2020
was maar net die begin
van ons stryd om Covid-19
vir altyd te oorwin"
Jou palet
2021-03-23"die felheid van jou ware kleure
het die prentjie in my kop ruïneer
legkaartstukke laat verbrokkel
– uitmekaar geskeur"
Tra-tra-enigma
2021-03-23"maar watter doper het eens
op haar walle gestaan:
waar kry die mooi rivier
haar naam tog vandaan"
hou
2021-03-23LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Bernard Odendaal se bydrae hier.
Persverklaring: Winterskool, met skryfkompetisie vir opkomende skrywers
2021-03-19Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied op drie opeenvolgende Saterdae in Junie 2021 (5, 12 en 19 Junie) ’n aanlyn-Winterskool vir opkomende skrywers aan.
Nagmerrie
2021-03-16"sy ril deur die gedagtes
van sy vroetel deur haar vel;
wat lief moes wees, ontaard in vrees ..."
Rooigety
2021-03-16"Jy sien hoe die sand die dood vashou
gapermossels, garnale, perlemoen,
’n seisoen van verlies."
Die huisie in Duinestraat
2021-03-16"hier het die lewe my alles gegee
twee wêrelde – van liefde en haat
by die huisie – in Duinestraat"
Afspraak
2021-03-16LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Johann Lodewyk Marais se gedig hier.
my gedagtes se argief
2021-03-10"Maar ek sit hier op die trap en staar
En dat ek aan my hart en siel moet verklaar
Dat my gedagtes my soms onderdruk"
Wat gaan van ons word?
2021-03-10"Die wêreld sidder en beef
in opstand teen één vrees,
terwyl golf op golf
COVID-19
sy donker tol eis"
