
Foto: Canva.com
Haa’ selfmoo’dbriefie
my lief, ek hoep djy ve’staan
ek moet dringend êrens heen gaan
maa’ ongelukkig kan djy nie saam
want ek issie van plan
om ooit wee’
na die cape flats
terug te kee’
net as djy rêrag wil
of as djy voelit raak te stil
gie ek jou my blessing
om wee’ te date
en met iemand annes te trou
ek ve’wagie van jou
om virie res van jou liewe
oo’ my te rou

