Verlore
Duskant Wintershoek
in die Witzenberg-vlaktes
sit ek saam met Breyten
onder die groen takke van ’n wilger
sy woorde dans in my kop.
Dis sy gevangenisverse
wat my vergesog vry laat voel
vry van myself
vry van ons land
vry van alles wat my siel hier verbrand.
Aprilmaand het kom klop
met sy rituele in verskillende kompartemente
die fool hou hom salig dom
die ongelowiges verdrink hulself in mekaar
die gelowiges bid
en die res haal asem
want dit is seker beter
om blind en doof te wees
as om jouself te verloor
tussen reg en verkeerd.
Kommentaar
Baie mooi gedoen.
Baie goeie beskrywing van die draadsitter se verduideliking van sy nie deelname. Praggedig en goeie sosiale kommentaar.
Die tweede strofe staan vir my uit en spreek boekdele, mooi geskryf hier.