Liewe Moeder Aarde
2024-06-12"maak ons tog strewe na reinheid, wysheid se lied
voordat ons laaste asem ook verlore gly in verdriet."
In Morpheus se arms
2024-06-05"wanneer die dag haar salig om my vou
of die nag my kom haal
toor jou soene my droomwêreld"
In my diep blou
2024-05-30"waar vrede my na rus bring
op ’n heilige plek
waar ek eendag sal vergaan."
Swyg
2023-03-02"Dit het niks met digters te doen nie
ook nie met skrywers se sondes nie
dit het nie vandag gebeur nie
want gister het ook te gou gekom"
Dwaaldrome
2023-02-16"ander kere verdwaal ek alleen
met ’n hand vol broodkrummels
en my wit wolkombersie."
Glipdrome
2023-02-09"sleep my só deur die binneruimtes
van jou stilste denke
en soms
net soms
los jy my op plekke
waar jy drome vir my baar"
Greep op Gister
2022-11-17"oopoog die hede herroep
in sig sonder heldersien
het ek my hande saam gevou
weer andersom probeer bid"
Vlugvaart
2022-11-10"vlug sy na binne
daar waar die sagte rimpelings
van haar hartklop
nog in die skemer kan dans."
Heelalsboodskap
2022-10-27"jy was ook nie hier nie
maar voëltjies het uitgelate gesing
die dag het geboorte geskenk
aan ure wat weg kon vlieg"
Oggendvers
2022-10-13"voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ’n wens vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt"
Wegkruip-vers
2021-11-11"sodat ek ook in woorde kan wegkruip
lettergreep-landskappe leefbaar maak
klanke in die wind los
of stil kan raak"
Verlore
2021-04-16"Duskant Wintershoek
in die Witzenberg-vlaktes
sit ek saam met Breyten
onder die groen takke van ’n wilger
sy woorde dans in my kop."
Doodsvrees
2021-04-09"ek wou jou tot lewe skreeu
want iets in my het vandag gesterf
en al wat ek wou doen was lewe
soos een wat die dood nie vrees nie."
Onaangeraak
2021-02-15"ek sou eerder alles net so los
myself ook net so wou los
saam met my spoke en skadu’s onder ’n boom sit
en stil-stil asemhaal
tot alles om my verstof."
