Vlugvaart

  • 3

Foto: Canva

Vlugvaart

Sy vlug altyd na binne
selfs wanneer die dag haar deur afbreek
ter wille van haarself
vul sy haar wegsteekplekke
met geraamtes
en ander goed wat bloedloos kan agterbly
asof sy ’n kloongod
op ’n grafhoop is
probeer sy steeds asem blaas
in alles wat sy nie kan herskryf nie

toondoof teen die ontbinding
van haar eie misvormde foutlyne
versteek sy haarself
in die akoestiek
van skaduwees
wat soos spookbome om haar sing

selfs wanneer haar deure en vensters
dig toe is
terwyl sy trane teen haar plafon uitkerf
vlug sy na binne
daar waar die sagte rimpelings
van haar hartklop
nog in die skemer kan dans.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top