Glipdrome

Foto:Canva
As ek kon sou ek nooit wou vergeet
om oor jou te skryf nie
ek sou die afstand tussen ons wou verwens
elke uur wat ek sonder jou sou wees
voel eenvoudig oorbodig
want jy gryp my siel
met oop hande
deurdrenk van
vol geformeerde taalpatrone
sleep my só deur die binneruimtes
van jou stilste denke
en soms
net soms
los jy my op plekke
waar jy drome vir my baar.


Kommentaar
Wat een prachtig gedicht.