
Foto: Canva
In Morpheus se arms
In sagte stiltes waar my drome woon
daar soek ek jou, my lief, elke uur
wanneer die dag haar salig om my vou
of die nag my kom haal
toor jou soene my droomwêreld
jou lippe ’n lokkende lig
die rusplek waar my siel anker slaan
so soen my drome
elke nag
elke dag
vat my kaal en vry
in jou omhelsing
so maak jy my lewe
Kommentaar
Betowerend mooi, soos altyd, Carin. Moenie ophou nie.
'n Pragtige vers Carin, welgedaan.
Pragtig soos net jy kan.