44 woorde later

  • 2

44 woorde later

(vir Charlize Theron)

Foto: Canva

eers het ek haar geëien in ’n roep
fragmente van haar wou ek aan myself allokeer
soos haar woorde wat opvloed
tot hoog bo die vloedvlakte van my hart
sonder ’n kruisgrafiek of kompas
het sy in my hart ingetrek

subtiel surrealisties my binneste versoen
sinoniem met my revolusionêre aspirasies
het ek haar swygend laat begaan
tot haar petrolbom-woorde
uit my pen sou ontplof
het ek my Afrikaanse muse
oopmond gesoen

my taal, my lief
is ons s’n
net ons s’n

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top