Liewe Moeder Aarde

  • 0

Foto: Canva

Liewe Moeder Aarde

O dierbare besoedelde aard, smart se mimiek
die vaal lug soos ’n laken van rou pyn
riviere wat fluister vol verdriet wat rondvaar
jou skoonheid vervaag, jou wonde bly fyn
die see se skulp is ook nou ’n storie van leed
met plastiek en vuil, ’n tronk van misbruik
die woude versteur in hul heilige kleed
die natuurskreet is ’n noodroep wat ewig eggo
mensdom se nalatenskap van skande
in elke soggenskyn en skemer vasgevang
ons aarde kreun met ’n vlammende hart vol brande
besoedeling se erfstuk ons nuwe rykdom
maak ons tog strewe na reinheid, wysheid se lied
voordat ons laaste asem ook verlore gly in verdriet.
’n Sprokie sonder rou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top