
Foto: Canva
In die diep blou see se branders
swem my drome
soos ’n sorgvrye siel
saam met golwe wat eb en vloed
oor al my geheime
saam met stories wat kom en gaan
onder die diep helder blou hemel
waar vrede my na rus bring
op ’n heilige plek
waar ek eendag sal vergaan.


Kommentaar
Wow, baie mooi, Caren. Jy stig mens altyd met jou gedigte.