Oggendvers

Foto: Canva
voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ’n wens vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt
net ’n paar woorde
terwyl die maan
nog in jou arms slaap
voor die klam oggend
jou wakker maak
met haar deurskynende asem
en die vrese van gister
jou naam afstof
wil ek hê jy moet altyd onthou
dat skrywers nooit doof raak nie
en dat elke bang klank
se ellips jou altyd sal oopvou
naby sterre met helder lig


Kommentaar
Wow, Caren, baie mooi soos altyd.
Sooo sooo mooiiii!
Pragtige vers.
Die stilte van dagbreek, voor die dagvoëls wakker word en die grootoor uil kom groet. Die oggendstond het goud in die mond, as man op stoep sit en rook, met 'n eerste rokershoes van Briar pyp...
Dit is hartmooi.
Jou talent is Godgegewe.