Wegkruip-vers

  • 5

Foto: Canva.com

Wegkruip-vers 
Wanneer jy jouself 
weer in ’n vers 
op vrye voet stel 
vat my saam 
sodat ek ook in woorde kan wegkruip 
lettergreep-landskappe leefbaar maak 
klanke in die wind los 
of stil kan raak 
in die skoonheid 
van ’n vormlose 
kwatryn.

  • 5

Kommentaar

  • Linda Ferreira

    Caren, hierdie gedig is soos al jou gedigte uitstekend geskryf! Puik!! Trots op jou en baie geluk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top