Heelalsboodskap

Die heelal het vandag vir my ’n boodskap gestuur
ek het vroegoggend sit en luister na die wind
die son sien opkom en later het sy ook weer gesak
ek het lank geluister
na alles wat om en in my fluister
die stemme in my kop was stil
jy was ook nie hier nie
maar voëltjies het uitgelate gesing
die dag het geboorte geskenk
aan ure wat weg kon vlieg
en ek kon hoor hoe my hart weer klop.


Kommentaar
Pragtig!
Baie dankie, Jannie.
Woorde wat mens laat meeleef en wegvoer.
Baie mooi.