Dwaaldrome

  • 1

Dwaaldrome

Foto: Canva

wanneer al die ligte saans af is
en die maan my hand kom vat
reis ek met net ’n skouersak
na die einde van die aarde
tot op die piek van al my skadu’s
soms sleep ek jou saam
deur die kronkels in jou naam
of abba jou deur die gange van my gedagtes
oor witgekalkte klippies
verby katsterte en bobbejaantjies
almal in verskillende kleure
ander kere verdwaal ek alleen
met ’n hand vol broodkrummels
en my wit wolkombersie.

  • 1

Kommentaar

  • Johan van der Merwe

    Sjoe dit is mooi, Caren. Jou werk is altyd verder as die lig wat op die papier skyn.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top