
Foto: Canva.com
Die eenkantkind
Hou die eenkantkind dop
op die speelgrond
in die klas – eenkant en stil
die juffrou weet
gisteraand was weer moles
so sien sy hulle
elke dag – die eenkantkinders
stil kinders wat woede inhou
sy sien hulle grootword
hoe die verderf hulle maai
vroeg tronk toe
vroeg rypgedruk deur seer
vroeg rooi ogies
dik gerook of gepil
daardie stil kind
van die agterbank
jy kan dit nie keer nie
dit is die lewe
hier in die viskampe
hard – wreed – seer
die weer gebeur
gebeur elke keer
net weer en weer
die arme kinders
– kansloos
vroeg moedeloos
vuisvoos en gou groot –
dan gewoonlik jonk dood.


Kommentaar
Baie dankie vir die plasing.
Mooi en hartseer uitgebeeld.
Sjoe dit is hard maar so waar ... maak mens se gemoed weer vol.
Baie dankie. Dit is ongelukkig 'n werklikheid in die arm gemeenskappe. Dankie vir die kommentaar.