Hier op die rotse
2021-11-18"oor ’n lewe wat net te veel was
oor ’n liefde wat gebreek was
hier op die rotse
is sy daardie nag hier weg"
Die prag in jou kleure
2021-11-11"baie het gekom
baie het gegaan
terwyl jy Elandsbaai
vas met jou voete
in die water bly staan."
As die wind net draai
2021-10-26"As die wind net draai
sal die vis begin byt –
sal die kwaad hier uit
sal alles weer ’n plesier wees"
Hierdie kop
2021-09-22"Ek staan op met hierdie kop
sit hom voor die rekenaar
begin dan stadig bloei
om iets te groei uit verwarring"
Gedagtekamers
2021-09-15"In die gedagtekamers
van jou oorvol geheue
spartel herinneringe
om uit te kom"
My briefie aan pappie
2021-08-23"Ek weet nie waar om hom te pos nie
ek het nie die hemel se adres nie
ook nie ’n whatsapp of e-pos nie."
My eie krake
2021-07-26"Ek val deur my eie krake
van my onvermoë
om te kan verstaan
waaroor lewe en dood gaan"
As ek so struikel
2021-07-21"As ek so struikel
tussen leë woorde
tussen oorvol gevoelens
langs my weggesteekte wete"
As jy waarheid bespot
2021-06-30"Ek vat waarheid saggies
sit dit veilig neer
langs my verwonde gewete
want dit was die weg"
Jy kan nie tyd vashou nie
2021-05-16"hy is niemand se maat nie
jy kan nie met hom praat nie
hy is die meester van môre
van gister en eergister"
My herfsblaar as troosprys
2021-04-29"as herinnering aan ’n gister
wat ek vir altyd sal bewaar
platgedruk tog eensaam gestryk
met die skaal van lewe geyk"
Die eenkantkind
2021-04-12"gisteraand was weer moles
so sien sy hulle
elke dag – die eenkantkinders
stil kinders wat woede inhou"
Ek stap na my hart
2021-04-07"Ek stap deur strate van dronk herinneringe
waar skimme skouer aan skouer loop
om vloek en vleitaal te verenig"
Sy dans woorde
2021-03-26"sy skuil in haar dans omdat sy moet
want sy ken die bitter sy ken die soet
verraad en venyn met ingehoue pyn"
Die huisie in Duinestraat
2021-03-16"hier het die lewe my alles gegee
twee wêrelde – van liefde en haat
by die huisie – in Duinestraat"
