As die wind net draai

  • 0

Foto: Canva.com

As die wind net draai

As die wind net draai 
sal die vis begin byt – 
sal die kwaad hier uit 
sal alles weer ’n plesier wees

maar eers moet die wind draai 
al die slegte geeste wegwaai 
sodat môre weer heel kan wees 
vrees weer eenkant staan

waar hy niemand pla 
waar mense weer lag en gesels 
tot laat in die nag 
waar reg weer reg sal wees 
verkeerd weer sleg kan wees

waar ons weer mens kan wees 
genees van hierdie hel 
wat ons heeldag so oorvertel 
oor die dood en die slagting

dan sal ons weer mens wees 
sal alles weer normaal wees
maar dit sal nie 
dit is ook nie al nie

hierdie is einde van dae 
met al hierdie vrae –

as die wind net draai 
sal die vis begin byt

sal ons dalk hier uit 
dalk kry ons ’n paar jaar by 
dalk ’n paar geslagte 
of ’n gedagte

as die wind net draai 
sal die vis weer byt.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top