
Foto: Canva.com
Hierdie kop
Ek staan op met hierdie kop
sit hom voor die rekenaar
begin dan stadig bloei
om iets te groei uit verwarring
wat die hele nag so karring
oor reg en verkeerd wat reg is
oor alles verkeerd wat sleg is
oor my oordeel wat so weg is
soos ek bloei
groei my gedigte stadig
om dit weer te gaan plant
in ander wat dit lees
om te leer en te ly
met alles wat ek verniet kry
as dit verby vlieg in gedagtes
wat saggies wysheid fluister
dit is saad verniet gekry
dan verniet weggegee
vir hulle wat dit nodig het
om ook te kan bloei.


Kommentaar
LitNet, julle moet rêrig iemand kry om voorleggings te lees en uit te sif.