
Foto: Unsplash.com
My briefie aan pappie
Pappie –
ek wil hierdie briefie skryf met trane
sonder verwyt of kwaad
net met liefde
en met verlange
ons het uitgemis op so baie
tog is ons verryk met meer.
Ek weet nie waar om hom te pos nie
ek het nie die hemel se adres nie
ook nie ’n whatsapp of e-pos nie.
Ek sal maar vir Jesus vra
om hierdie boodskap oor te dra
saam met ’n drukkie vir Mammie
’n hallo vir almal daar wat wag
want my tyd is min
voordat ek ook die snelweg vat.
Hier is nog bietjie werk
tussen kerk en die verwarring
voordat ek kan kom.


Kommentaar
Baie mooi❤❤❤