Foto: Unsplash.com
Gedagtekamers
In die gedagtekamers
van jou oorvol geheue
spartel herinneringe
om uit te kom
party is lankal vergeet
ander wil jy niks van weet
party word vertroetel
ander is jou vyand
so gaan dit as jou kop so vol is
as jou gedagtes op hol is
word hulle spoke wat roep
of duiwels wat klop
om jou uit jou slaap op te jaag
om drie in die môre op te daag.