As ek so struikel
As ek so struikel
tussen leë woorde
tussen oorvol gevoelens
langs my weggesteekte wete
oor die lief en die leed
die amper vergeet
van my naam
my skaam struikel
na die genadetroon
oor verlore gedagtes
wat die klagtes opstapel
tog struikelend voortval
in genade se wasem in
’n asem wat maar vlak sit
in die diep stink graf
van skuldbelaaide klagtes
wat in die nag uitkom
as die slaap ook struikel
dan kom kla woorde oordeel
beskuldig my links en regs
terwyl engele ore toedruk
anders struikel hulle ook.
Kommentaar
Sjoe, dankie, op julle platform lyk my gedig mooi.