
Foto: Canva.com
Jy kan nie tyd vashou nie
Jy kan nie tyd vashou nie
hy loop soos hy loop
elke dag elke nag
kom en gaan sonder ophou
terwyl jy lewe sal hy loop
jou saamsleep oor die berge
deur die dale
deur die stryd en struweling
deur blydskap en hartseer
deur die weer gebeur
saam met die treur
hy loop soos hy loop
hy is niemand se maat nie
jy kan nie met hom praat nie
hy is die meester van môre
van gister en eergister
die orkes van lewe se kondukteur
net dood kan hom keer – hier stop hy
vir die een wat moet groet
hy moet – want hy gaan nie saam nie.


Kommentaar
Hierdie is 'n gedig om op trots te wees, Johannes!