
Foto: Unsplash.com
My eie krake
Ek val deur my eie krake
van my onvermoë
om te kan verstaan
waaroor lewe en dood gaan
soos die pad van die son
so is die pad van die maan
ons kan dit nie verander nie
sal ons ooit kan verstaan
môre is so ver soos die nag
gister was maar net nog ’n dag
om deur krake die lig te sien
om onverdiend te lewe
tussen die krake van mistas
oor alles wat eens was
toe kinders gesoek het
na antwoorde van vrae
oor die krake in mense
oor krake in ons self
oor die drake in die donker
as kindertjies wil slaap.


Kommentaar
Wow, dit lyk goed hier op ink.
Baie kunstig bewoord hier, Johan.
Mooi een.