
Foto: Canva.com
As jy waarheid bespot
Ek vat waarheid saggies
sit dit veilig neer
langs my verwonde gewete
want dit was die weg
Hy wat geregtigheid aanwys
na lewe sonder skuld
sonder verwyt
wat tyd verkoop
want waarheid is die weg
na lewe
na vergewe
waarsonder jy niks kan doen nie
die sleutel na die deur
van weer gebeur
as hy kom aanklop
vir sy deel van die aalmoes
wat geroes in die skatkis beland
wat jy dink jou gaan red
omdat jy so verwaand is
as jy waarheid bespot.

