My herfsblaar as troosprys

  • 7

Foto: Canva.com

My herfsblaar as troosprys

Ek pluk ’n herfsblaar as troosprys 
uit Jou boom van kennis 
sit hom saggies langs my gunstelingvers 
diep in by Bybel

as herinnering aan ’n gister 
wat ek vir altyd sal bewaar 
platgedruk tog eensaam gestryk 
met die skaal van lewe geyk

terwyl ek afkyk van hierdie hoë rotslys 
na die see en al sy lewe 
soos hy eb en vloei 
homself bemoei met die mens

wat leen uit sy spens vir kos 
kinders grootmaak en bestaan 
op hierdie aarde diep in die heelal 
’n stippeltjie in die skepping

tog vol lewe liefde en leed 
terwyl ons nooit vergeet van haat 
ons donker maat van Roelandstraat 
wat vandag bars uit sy nate

want die mensdom kry swaar 
die boosheid vermeerder 
sodat mense eerder wil sterf – 
sulke dae gaan soek ek my herfsblaar

nou gedroog en broos 
om my te troos in my kluisenaarsbestaan 
voordat ek hier weggaan 
die ewigheid in.

  • 7

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top