Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Brood van die lewe
2021-07-21"Sy kan dit oor en oor doen, elke dag van haar lewe, en steeds sal sy haar verwonder aan hoe iets wat onder ’n mens se vuiste deurloop en as gevolg van geweld opswel asof dit vrot, kan bróód word. Lewegewende brood."
Weg
2021-07-20LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Carlo Daniels in sy monoloog Weg, waarvan die regie deur Andrew Buckland behartig is. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Daniels sy gedagtes oor die stuk deel.
Beroerte
2021-07-15"die dag toe hy gebreek het
het stukkies van sy glasgesig
in sy pantserkas bly lê
sy voorkoms is ’n ewebeeld"
Terugblik
2021-07-15"Ek het wel een agtemarag
aan jou ma se deu geklop
met blomme in my hand
en jou favourite chocolates
Hoe kon ek daavan vegiet?"
Stemme
2021-07-13Hier kan jy die produksies van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, KKNK en NATi, kyk en die tekste lees.
Verspring
2021-07-13LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Tinarie van Wyk Loots se vertolking van Rafiek Mammon se Verspring, geregisseer deur Fred Abrahamse. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en regisseur.
Parkrun
2021-07-06"Ek sien plat magies en boepense aankom en soos hulle na die ander kant toe verdwyn is daar elke vorm van ’n boud om te besigtig. Vetboude, maerboude, langboude, kortboude. Drilboude en stywe boude."
Deur my snikke
2021-07-06"jou Facebook-profiel
word ’n oop wond
met trooswoorde
en lewende getuies"
aan die oewers
2021-07-06"daar was ’n tyd toe die bome vlam
gevat het in die namiddag en die blare
gebewe het met die wete
dat die mooiste seisoen sy
roes afwas"
As jy waarheid bespot
2021-06-30"Ek vat waarheid saggies
sit dit veilig neer
langs my verwonde gewete
want dit was die weg"
Aan die ander kant van die debat
2021-06-30"Lewe? Dood
’n debat wat net die dood kon wen:
My pa is dood."
Wat skryf aan ’n mens doen: bladsy 61 van Elsa Joubert
2021-06-29"Probeer die volgende: Skryf ’n skok-ervaring op. Soos die oomblik toe jy hoor jy is Covid-positief."
Ebet wil New York toe gaan
2021-06-25"In die somervakansie sien ek nie vir Wyse Kind nie. Miskien is hy weg om by familie te gaan kuier. Baie Palestynse families het mos ooms in Jordanië of Sirië of selfs in Amerika. Dalk in New York, waar Ebet teen dié tyd al moet wees."
Sproeireëntjie
2021-06-22"die troebel weer van Swartfoloos
en nartjies om my heen
weet ek hoe ’n man kan soek na troos."
Aansoekers moet opskud vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool
2021-06-18Aansoeke vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool sluit op Vrydag 2 Julie 2021 om 12:00. Voornemende aansoekers kan hier kers opsteek oor al die wonderlike dinge wat op hulle wag.
Varsgebreek suck
2021-06-15"Nee, ek soek nie na mooi, heel skulpies nie. Dis te gewoon. Ek hou van die stukkies wat oorgebly het na die see sy breekwerk gedoen het."
